Dag saam Mosselbaai

Ek wil net se ek geniet dit om n blog te he , dis vreeslik lekker en ook al die comments wat ek kry , dis baie lekker om te weet mense hou van my blog!

Voor ek begin wil ek net se ek geniet my vakansie maar ek verlang ook huis toe:-(.
Nou laat ek begin , vandag 6 April het ek en my ouma Mosselbaai toe gegaan.
Dit was baie lekker maar ons het nie lank gebly nie. Ek het ook baie prentjies geteken, kyk:

image

Dit was die eerste een en hier is die tweede een:

image

Spongebob mmmm…
In elk geval kom ons gaan terug by hoekom ek en my ouma nie lank by Mosselbaai gebly het nie. Ons wou iets by n resturant gaan drink het en ons het maar die wind het gewaai en daar was ook n lekker son skyn , maar toe besluit ons om more weer te gaan en ook Hartenbos toe te gaan. Ek gaan ook siperchups toe! Ek kan nie wag nie !! Vandag was n rowwe dag , Ruan-hulle het huis toe gegaan in die Kaap en my foon het geval sooo ja. Rowwe rowwe dag!! Maar dis nou verby.

Advertisements
Standard

My koek

Vandag 5 April het ek n lekker koek gebak ( sjokolade koek ) yummmm!!
Ek en my ouma het dit saam gebak maar ek het dit vesier. Hoop al die mense wat dit gaan eet , sal dit baie geniet. Ek is bly dit reen nie vandag nie , dis eintlik n baie lekker dag vandag, want gister het dit baie erg gereen dat daar modder en water poeletjies orals is !!! Dit was aaklig:-(

Hier is n foto van my koek:

image

Yummy hmmm …

Standard

Renerige dag!

Vandag 4 April is nie n lekker dag nie
Hoekom? Dit reen!!!!! Ek wens ek kan net weer n sonerige daggie he soos toe ek hier aangekom het!!!
In elk gevaal , ek het bietjie Hartenbos toe gegaan en in die warm swembad gaan swem en dit was baie lekker **
Ek vlieg terug oor 4 dae !!!! Ek wil terug gaan maar ek wil ook in Groot Brak bly en ek gaan ook al die mense hier baie mis!! Die hondjies hier is stout en ek kan nie glo dat Flenie dood is nie , dit was n baie hartseer tyd vir ons almal veral vir my ouma!!! Shame ek was baie hartseer maar so moet dinge gebeur.

Hier is n foto van die reen:

image

Dit reen maar jy kan dit nie so goed in die foto sien nie … dalk sal die donker wolke daar agter vir jou n glipsie gee ( hehehe)

Standard