Ek wil net se ek geniet dit om n blog te he , dis vreeslik lekker en ook al die comments wat ek kry , dis baie lekker om te weet mense hou van my blog!
Voor ek begin wil ek net se ek geniet my vakansie maar ek verlang ook huis toe:-(.
Nou laat ek begin , vandag 6 April het ek en my ouma Mosselbaai toe gegaan.
Dit was baie lekker maar ons het nie lank gebly nie. Ek het ook baie prentjies geteken, kyk:

Dit was die eerste een en hier is die tweede een:

Spongebob mmmm…
In elk geval kom ons gaan terug by hoekom ek en my ouma nie lank by Mosselbaai gebly het nie. Ons wou iets by n resturant gaan drink het en ons het maar die wind het gewaai en daar was ook n lekker son skyn , maar toe besluit ons om more weer te gaan en ook Hartenbos toe te gaan. Ek gaan ook siperchups toe! Ek kan nie wag nie !! Vandag was n rowwe dag , Ruan-hulle het huis toe gegaan in die Kaap en my foon het geval sooo ja. Rowwe rowwe dag!! Maar dis nou verby.